’n Groep van sowat 60 studente het die ingang na die bo-kampus van die Universiteit van Kaapstad met vullisdromme afgesper.
By die hoofingang na die bo-kampus het sowat 60 studente op vullisdromme gesit en gekeer dat enigiemand op die kampus kom.
Studente van die Universiteit van Kaapstad is gisteraand glo gewaarsku om vandag groot ontwrigting op die kampus te verwag.
Die Burger berig in boodskappe wat per WhatsApp onder die Ikeys versprei is, word onder meer beoog om die M3 te versper, lesings te ontwrig en alle geboue op die boonste kampus van die universiteit te beset.
Die polisie moet glo ook getreiter word om gewelddadig te reageer.
Intussen het die bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand aangekondig dat lesings môre hervat sal word.
Personeellede sal vandag na die kampus terugkeer.
Die universiteit sê bykomende sekuriteit sal in plek wees totdat betogende studente die versekering gee dat hulle hul sal weerhou van ontwrigtende optrede.
The post UNIVERSITEIT VAN KAAPSTAD AFGESPER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.