Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

NAWEEK VAN DOOD OP BFN-PAAIE

$
0
0

Minstens ses mense is in motorongelukke dood terwyl nog mense ernstig beseer is in een van die ergste maandeindnaweke nog in en om die Rosestad.

Lucas Bezuidenhout, Bloemfontein-takbestuurder van ER24-nooddienste, het aan Netwerk24 bevestig drie mense is Saterdagaand naby Dewetsdorp dood toe ’n bakkie met sewe insittendes van die pad geloop en omgeslaan het. Nog twee mense en ’n baba is minder ernstig beseer.

In nog twee ongelukke op die N8 tussen Bloemfontein en Thaba Nchu die naweek is twee mense dood.

Saterdagaand is een op die N8 dood toe ’n voertuig naby Bloemspruit omgeslaan het.

Sondagoggend vroeg het twee voertuie, waarvaan een vermoedelik gesteel was,  reg van voor op die N8 teen mekaar gebots.

Een insittende het in dié ongeluk gesterf.

Nog ‘n passasier is dood nadat ‘n bakkie Saterdag in die Petrusburg-omgewing teen ‘n boom gebots het.

In twee ander afsonderlike voorvalle is ‘n voetganger en bestuurder ook in ongelukke kritiek beseer.

The post NAWEEK VAN DOOD OP BFN-PAAIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!