Twee mans is dood nadat hul bakkie op die N1 noord van Kroonstad onder ‘n vragmotor vasgepen is.
Die mans se liggame is eers 15 uur later uit die vasgepende wrak verwyder.
Volgens sers. Ian Gaobepe het ’n sterk wind Dinsdagnag ‘n vragmotor naby die Heuningspruitbrug omgewaai.
Netwerk24 berig ’n tweede vragmotor het van agter teen die omgewaaide een vasgery.
’n Derde vragmotor het in die toneel ingejaag en die bakkie voor hom onder die tweede vragmotor vasgepen.
Die polisie en nooddienswerkers het van middernag gesukkel om die liggame uit te haal en meganiese kake gebruik moes word om van die wrakstukke weg te sny.
The post BAKKIE ONDER VRAGMOTOR VASGEPEN: 2 DOOD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.