Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie sê hy het vanjaar 15 272 werksgeleenthede geskep danksy staatsbeleggings van R14,5 miljard.
Die minister van wetenskap en tegnologie, Naledi Pandor, sê die ekonomiese groepering het die tesourie en die departement van handel en nywerheid versoek om die staatsbeleggings in die Korporasie te ondersoek om te bepaal of die hoeveelheid werksgeleenthede wat geskep is, die beleggings regverdig.
Die minister het by `n nuuskonferensie in Pretoria gesê R4,9 miljard is vir swart- en R970 miljoen vir jeugbemagtiging bewillig.
The post 15 272 WERKSGELEENTHEDE GESKEP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.