Studente van die Witwatersrandse Universiteit in Johannesburg gaan vandag na die Kamer van Mynwese in die middestad opruk en ‘n griefskrif oorhandig.
Die studente-aktivis en leier van die “FeesMustFall”-veldtog, Mcebo Dlamini, het Maandag aan honderde Wits-studente gesê dat talle vakbonde by vandag se optog oor gratis tersiêre onderrig gaan aansluit.
Die meeste universiteite het reeds die afgelope ruk hulle akademiese bedrywighede weens die studente-betogings oor klasgeld opgeskort.
The post WITS-STUDENTE OORHANDIG GRIEFSKRIF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.