’n Voormalige huisouer en haar man van ’n jeugsentrum in Bloemfontein wat twee kinders met die plathand getug het omdat hulle nie hul huiswerk wou doen nie, is in die stad se streekhof tot ’n boete van R1 000 of agt maande tronkstraf gevonnis.
Dit is voorwaardelik vir drie jaar opgeskort.
Die 56-jarige Audrey en 58-jarige Douw Kriel is huisouers van die Esperanza-jeugsentrum in Bainsvlei.
Albei het skuld beken op die aanrandingsklagte.
Netwerk24 berig die Kriels se regsverteenwoordiger het betoog die mate van geweld wat gebruik is, was baie gering en dat dit eerder beskou kan word as tugtiging van kinders wat nie hul huiswerk wou doen nie.
The post HUISOUERS VAN JEUGSENTRUM GESTRAF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.