Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

KOVSIES GESLUIT; 20 VAN SUT GEARRESTEER

$
0
0

In die lig van dreigende geweld op kampus het die Universiteit van die Vrystaat gisteraand besluit om sy September-vakansie van vandag tot Vrydag 7 Oktober te verleng.

Netwerk24 berig alle klasse, toetse en werksopdragte is tot dan opgeskort.

Volgens UV-woordvoeder, Lacea Loader, gee dit die hele universiteit kans om solidariteit en ondersteuning te toon met die veldtog vir gratis onderwys vir die armes en die verlore middelklas.

Administratiewe dienste sal egter môre hervat word en personeel sal toegang hê tot hul kantore om vir bykomende akademiese ondersteuning aan studente, asook die herskedulering van die akademiese kalender te beplan.

Die UV is gister ook gesluit ná ’n vroeëre aankondiging dat klasse en ander administratiewe dienste hervat sou word.

Intussen verskyn 22 studente van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein na verwagting vandag in die hof nadat hulle laatnag ’n staatsvoertuig en vullisdromme in ’n optog beskadig het.

Volgens Netwerk24 is hulle gisteroggend vroeg na die SAUK se kantore in Markgraafstraat, Bloemfontein, beweeg en verskeie vullisdromme beskadig het.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê die betogers het ook ’n voertuig wat aan die provinsiale regering se veiligheidsdienste behoort, onder klippe gesteek.

Die 22 studente sal op aanklagte van die hou van ’n onwettige byeenkoms, openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging in die hof verskyn.

’n Afskrif van ’n interdik van die hooggeregshof pryk steeds op ingange van SUT se kampus in Bloemfontein wat studente verbied om enige ontwrigting op die kampus te veroorsaak.

The post KOVSIES GESLUIT; 20 VAN SUT GEARRESTEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!