Die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Universiteit sê indien die studenteprotes die volgende twee weke voortduur, sal die instelling geen ander opsie hê as om alle akademiese aktiwiteite na volgende jaar te verskuif nie.
Die visekanselier, Sibongile Muthwa, het die media in Port Elizabeth toegespreek.
Muthwa sê die universiteit kan eenvoudig nie bekostig om klasgeld vas te pen nie.
Netwerk24 berig dat adv. Terry Price beoog om die bestuur van die Nelson Mandela-Universiteit voor die hof te daag omdat die universiteitsdeure steeds gesluit is.
Meer as 1 300 ouers van studente aan dié instelling het reeds ’n versoekskrif wat Price opgestel het, onderteken.
Dit poog om die NMU te dwing om hul akademiese verantwoordelikheid aan die res van die studente na te kom.
Slaag dit nie, kan die NMU vandag reeds van die voorneme van ‘n interdik ingelig word.
The post “UNIVERSITEIT KAN NIE BEKOSTIG OM KLASGELD VAS TE PEN NIE” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.