Die DA het ’n versoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, gerig om ’n dringende vergadering van die portefeuljekomitee oor hoër onderwys te belê om die krisis rondom die klasgeld kwessie te bespreek.
Die opposisieparty vra dat die minister van hoër onderwys en opleiding en die minister van finansies aan die komitee moet verduidelik watter stappe gedoen word om behoeftige studente finansieel te ondersteun.
Universiteite en studente moet ook voorleggings doen oor die impak van die sluiting van kampusse op onderrig en watter stappe gedoen word om diegene wat verkies om te studeer, teen betogende studente te beskerm.
The post DA SOEK DRINGENDE VERGADERING OOR KLASGELD KWESSIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.