Studente aan die Universiteit van die Vrystaat het Maandag onder leiding van die Free Education-beweging ’n memorandum aan prof. Nicky Morgan, waarnemende UV-rektor, oorhandig.
Netwerk24 berig studente het in ’n vreedsame betoging onder meer die universiteit gevra dat klasgeld nie volgende jaar verhoog word nie.
Die hekke van die universiteit was gistermiddag steeds gesluit en beman deur veiligheidswagte.
Lacea Loader, die UV se direkteur van kommunikasie en handelsmerkbestuur, het die ontvangs van die memorandum bevestig.
Volgens Loaderr word dit bestudeer en die bestuur sal binne die ooreengekome tyd daarop reageer.
The post KOVSIES STUDENTE OORHANDIG MEMORANDUM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.