Studente van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein, die SUT, het hulle vanoggend aangesluit by die #Feesmustfall-optogte in die stad.
Vroeër is onbevestigde berigte ontvang dat akademiese aktiwiteite op die kampus ontwrig is.
Toetse is na berig word ontwrig en in sommige lokale is vraestelle glo opgeskeur.
Dit is nog onseker of klasse op die kampus vandag sal voortgaan.
Studente van die Universiteit van die Vrystaat en die SUT sal vandag ’n memorandum met eise aan onderwysowerhede oorhandig.
Volgens die Free Education Movement het hulle met die owerhede gereël om van die Bloemfontein-kampus na die provinsiale kantore te stap en nie meer na die Vrystaatse wetgewer soos wat vroeër beplan was nie.
The post SUT SLUIT BY #FEESMUSTFALL AAN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.