Die bestuur van die Nelson Mandela-universiteit in Port Elizabeth het die instelling vir ’n vierde agtereenvolgende dag gesluit nadat studentebetogers ingange na die suid- en noord-kampusse met brandende buitebande versper het.
Die NMU sê die universiteit sal tot verdere kennisgewing gesluit wees.
Die waarnemende vise-kanselier, dr. Sibongile Muthwa, het gister gesê alle akademiese bedrywighede sal vandag hervat word, maar die studenteraad sê op Facebook Muthwa en haar bestuur moet eers op hul eise reageer voordat die betogings gestaak word.
The post NMU STEEDS GESLUIT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.