Die voormalige rektor en vise-kanselier van die Universteit van die Vrystaat, prof. Jonathan Jansen, het ’n hewige debat op Facebook laat posvat nadat hy geskryf het die beste manier om die destruktiewe betogings die hoof te bied is vir ander studente om terug te baklei.
Netwerk24 berig Lacea Loader, direkteur: kommunikasie en handelsmerkbestuur by die UV, het nie kommentaar gelewer oor sommige mense wat meen Jansen, wat nog op kontrak-basis aan die UV verbonde is, hits geweld aan nie.
Volgens Jansen kan geen kampusbestuur of -sekuriteit dit vermag om studente te laat bedaar nie en moet dit van studente en hul gemeenskappe self kom.
Hy het ook verwys na ‘n voorval waar een studenteleier na bewering deur ander studente van sy gemeenskap geslaan is omdat hy hulle onderrig ontwrig het.
Die UV het intussen ge sê geen verhoging in klasgeld vir volgende jaar is bloot onmoontlik omdat geen salarisverhogings vir personeel sal geld nie en personeel nie vermeerder kan word as die vraag daarna styg nie.
Prof. Nicky Morgan, waarnemende rektor van die UV, het gister die bevinding gegee in sy voorlegging aan die kommissie van ondersoek na die lewensvatbaarheid van gratis hoër onderwys in Pretoria.
Netwerk24 berig die UV gaan ’n R144 miljoen tekort hê as klasgeld nie vir volgende jaar verhoog word nie en sellfs met ’n 8%toename in klasgeld sal die UV steeds ’n verlies ly van R77 miljoen.
Volgens Morgan ondersteun die UV gratis hoër onderwys aan arm studente en is die feit dat studente toegelaat word om hulle te registreer sonder om enige registrasiegeld te betaal, bewys daarvan.
The post “ANDER STUDENTE, OUERS MOET TERUG BAKLEI” – JANSEN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.