Business Leadership South Africa (BLSA) het gevra vir ‘n dringende vergadering met president Jacob Zuma oor die bedreiging van die Nasionale Tesourie.
Die organisasie sê die regering moet verseker dat die ondersoek na ‘n geheime eenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens deur ‘n geloofwaardige liggaam gedoen word, en dit sal help om beleggersvertroue te herstel as die kantoor van die Openbare Beskermer ook betrek word.
BLSA sê tans lyk dit of die staat die minister van Finansies, Pravin Gordhan, teiken.
The post BLSA SOEK DRINGENDE VERGADERING MET ZUMA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.