Die voormalige president van SA Rugby, Oregan Hoskins, het teen die regering en politici uitgevaar omdat hulle, volgens hom, misluk het met die verantwooredelike implementering van transformasie.
Hy het in ‘n onderhoud gesê rugby word as ‘n politieke speelbal gebruik.
Hoskins sê meer en meer spelers van kleur gaan weens die regering se transformasievereistes by die diep kant ingegooi word en ongelukkig is dit daardie spelers wat in die verleentheid gestel gaan word omdat hul nie ‘n billike kans gekry het om hulself te ontwikkel nie.
Hy sê daardie ontwikkeling kan net plaasvind indien die regering sy kant bring.
The post “RUGBY WORD AS ‘N POLITIEKE SPEELBAL GEBRUIK” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.