Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, Chris Klopper, het sy kommer uitgespreek oor die toenemende en ondermynende invloed wat die voortgesette student-onrus, wanorde en verwoesting op die lewering van basiese onderwys het.
Hy sê skole kan dit eenvoudig nie bekostig dat dié ontwrigting na hulle oorspoel nie, aangesien dit leerlinge van hul reg op basiese onderwys sal ontneem.
Die uitvoerende hoof van die onderwysersvakbond, Naptosa, Basil Manuel, sê intussen hulle is ook bekommerd oor die oproerige uitwerking van betogende studente op leerlinge.
Hy sê daar is kommer oor ’n moontlike pendulum-uitwerking en dat studente wat reeds alles verloor het, op ander plekke amok sal probeer maak.
The post KOMMER OOR INVLOED VAN BETOGENDE STUDENTE OP LEERLINGE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.