Die polisie in Limpopo het ’n vermeende motordiefstalsindikaat by die Beitbrug-grenspos na Zimbabwe in hegtenis geneem.
‘n Polisiewoordvoerder in Limpopo, luitenant-kolonel Moatshe Ngoepe, het aan Netwerk24 gesê vyf mans is gearresteer omdat hulle na bewering betrokke was by ’n vermeende sindikaat wat motors in Gauteng kaap en dit deur die Limpoporivier na Zimbabwe smokkel.
Volgens hom het die verdagtes die laaste tyd glo toegeslaan op voertuie by die O.R. Tambo-lughawe en in Pretoria.
The post MOTORDIEFSTALSINDIKAAT BY GRENSPOS GEARRESTEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.