Hersiene regulasies van die Staatsdienswet beteken dat staatsamptenare wat sake met die staat doen, tot Januarie 2017 tyd het om te besluit om hul sakebedrywighede prys te gee of om die staatsdiens te verlaat.
Netwerk24 berig die minister van Staatsdiens en administrasie, adv. Ngoako Ramatlhodi, het gister op ’n mediakonferensie in Kaapstad die hersiene regulasies van die Staatsdienswet onthul.
Dit sluit klousules in wat staatsamptenare verbied om geskenke te ontvang vir die uitvoering van hul amptelike pligte, om sake met enige staatsdepartement of instelling te doen of om ’n direkteur van ’n private maatskappy te wees wat sake met die staat doen.
’n Kennisgewing is reeds onder staatsamptenare versprei om hul sakebedrywighede met enige staatsdepartement of instelling te openbaar.
The post HERSIENE REGULASIES VAN STAATSDIENSWET ONTHUL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.