Die kaptein van die Proteas se eendagspan, AB de Villiers, sal die eendagkragmeting teen Ierland Sondag in Benoni misloop om hom meer tyd te gun om van sy elmboogbesering te herstel.
Faf du Plessis sal die span in die wedstryd teen Ierland lei en Rilee Rossouw is by die groep betrek in De Villiers se afwesigheid.
De Villiers sal ’n fiksheidstoets moet slaag om te bepaal of hy gereed sal wees vir die reeks teen Australië.
The post DE VILLIERS GAAN EENDAGKRAGMETING TEEN IERLAND MISLOOP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.