Studentebetogings in die Oos-Kaap het uitgekring met die Rhodes-Universiteit op Grahamstad en die Universiteit van Fort Hare op Alice wat ook nou gesluit is.
Studente aan Fort Hare het na berig word ’n gebou afgebrand, terwyl Rhodes se studente sedert Woensdag op die kampusse betoog het.
Die betogings volg op die aankondiging van die minister vir hoër onderwys en opleiding dat universiteite self oor klasgeld vir 2017 moet beslis
Wits se hoofkampus in Braamfontein, Johannesburg is intussen rustig na gister se botsings tussen die polisie en student oor klasgeld.
Die polisie het skokgranate en rubberkoëls gebruik om honderde studente uiteen te jaag en lesings is vir die res van die week opgeskort.
Talle gewapende veiligheidswagte en die polisie is by die ingange van die universiteit ontplooi in `n poging om verdere betogings te voorkom.
The post NOG TWEE UNIVERSITEITE GESLUIT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.