Die hoof van die nasionale rampbestuursentrum, Ken Terry, maan dat daar ‘n tekort aan water in die land sal wees al val daar goeie reëns dié somer.
Hy het by ‘n konferensie op Worcester in die Boland gepraat wat deur die Rampbestuursinstituut van Suider-Afrika aangebied is.
Terry sê die watervlakke in die land se grootste opgaardamme is gemiddeld net meer as 50%.
Hy sê verder die watervlakke daal 1% elke week.
The post “DAAR SAL TEKORT AAN WATER WEES AL REëN DIT” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.