Studente aan die Universiteit van die Vrystaat sê die SR-voorsitter, Lindokuhle Ntuli, is ’n gebrandmerkte man nadat hy hom Dinsdagaand summier aan die betogings oor verhoogde klasgeld en gratis onderrig onttrek het.
Ntuli, wat aan die spits was van betogende studente se eise dat gratis onderrig en geen klasgeld-verhogings in 2017 moet geld, het Dinsdagaand op Facebook aangekondig dat betogings stopgesit moet word.
Ten spyte van sy U-draai het studente steeds betoog en is hulle nou oproerig omdat Nthuli hulle in die donker gelaat het.
Netwerk24 berig volgens Ntuli is betogings wat tans by die universiteit aan die gang is, is nie meer die studente se struggle nie, maar al klaar so verpolitiseer dat die belange van die studente nie meer in ag geneem word nie.
Hy ontken dat hy gedreig is om hom aan die betogings te onttrek.
The post SR-VOORSITTER BY UV ‘N “GEMERKTE MAN” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.