Die Ngwathe-munisipaliteit in Parys se woordvoerder, Steve Naale, het nog nie aan die Menseregtekommissie se opdrag gehoor gegee wat hom beveel om blankes in Suid-Afrika vir ‘n rassistiese uitlating om verskoning te vra nie.
Netwerk24 berig Naale is beveel om ’n onvoorwaardelike verskoning aan alle blanke Suid-Afrikaners op Facebook te plaas nadat hy teen hulle gediskrimineer het en hul menslikheid en waardigheid geskend het.
Hy is in Februarie vanjaar deur ’n Facebook-gebruiker, Elsie du Preez, verkla.
Naale het in Februarie op die munisipaliteit se amptelike webwerf ’n foto geplaas van twee mense wat deur die Ku Klux Klan in Amerika opgehang is.
Hy het onder die foto geskryf: “Tensy ons dit weer onder ’n wit man se regering wil hê.”
Volgens Naale het hy ’n voorlegging van sy verskoning by die MRK ingedien en wag hy op die kommissie se goedkeuring.
The post NAALE NOG NIE AAN MRK-OPDRAG GEHOOR GEGEE NIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.