‘n Derde voetganger is aan sy beserings dood ure nadat ’n ambulans Woensdagoggend drie voetgangers raakgery het op die R67 tussen Port Alfred en Grahamstad.
Netwerk24 berig twee ander voetgangers – ’n man en ’n vrou – is op die toneel dood verklaar.
Die derde voetganger is met ernstige beserings in ’n plaaslike hospitaal opgeneem, maar het ook later gistermiddag in die hospitaal beswyk.
Daar word beweer die ambulans het ‘n motor in die geelstreep verbygesteek.
Drie klagte van strafbare mansslag word deur die polisie ondersoek.
Die bestuurder van die ambulans is bewusteloos in die hospitaal opgeneem.
The post DERDE VOETGANGER STERF NA AMBULANS-ONGELUK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.