Die man wat twee jaar gelede ’n subkontrakteur van Volksblad in ’n parkie in Bloemfontein doodgeskiet het, is in die streekhof in die Rosestad tot 30 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.
Lebohang Kobue sal sy vonnisse samelopend uitdien, wat beteken dat hy effektief tronkstraf van 25 jaar sal uitdien.
Kobue het Johannes Rondganger op 5 Mei 2014 in ’n rooftog in ’n parkie langs die Orgideëhuis in Bloemfontein doodgeskiet terwyl hy in sy bakkie besig was om geld te tel voordat hy koerantverkopers sou betaal.
Netwerk24 berig Kobue se medebeskuldigdes is vroeër onskuldig bevind omdat daar onvoldoende bewyse is om hulle aan die moord en roof te koppel.
The post MAN IN PARKIE VERMOOR: MOORDENAAR KRY 25 JAAR TRONKSTRAF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.