Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, het aan die VN se Veiligheidsraad in New York gesê alle vliegtuie in die noorde van Sirië behoort verbied te word om te vlieg sodat humanitêre hulp afgelaai kan word.
Kerry het by die raad gesê so ‘n stap kan die geloofwaardigheid herstel van pogings om ‘n einde aan die konflik in Sirië te maak.
Amerika sê hy hou Rusland verantwoordelik vir die dodelike lugaanval Maandag op ‘n VN hulpkonvooi naby die Siriese stad Aleppo.
The post LUGAANVAL OP VN HULPKONVOOI: VSA HOU RUSLAND VERANTWOORDELIK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.