Studente op die Mahikeng-kampus van die Universiteit van Noordwes is aangesê om die kampus te verlaat nadat die universiteit besluit het om dit te sluit.
Die universiteitsbestuur het die kampus gesluit weens kommer dat gewelddadige protesoptrede oor klasgeld kan toeneem nadat studenteverteenwoordigers geweier het om met die bestuur te vergader.
Die kampus sal hopelik eers weer oor drie weke heropen.
Chaos het intussen vroeër by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth uitgebreek waar studente wat ook oor die klasgelde kwessie betoog met die polisie slaags geraak het by die 2de Laan-kampus.
Die studente het die pad na die Boardwalk Casino versper.
Die polisie het die betogers met skokgranate uiteengejaag.
The post CHAOS OP KAMPUSSE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.