Uitspraak is voorbehou in die saak van die burgerregte-organisasie AfriForum teen die beplande implementering van die Universiteit van Suid-Afrika, Unisa, se 2017-taalbeleid.
Unisa se nuwe taalbeleid bepaal dat Engels vanaf 2017 die enigste taal van onderrig aan dié instelling sal wees en dat Afrikaans voortaan nie meer gebruik gaan word nie.
Afrikaans is tans die medium van onderrig van soveel as 30 duisend studente aan Unisa.
Uitspraak sal Woensdag gelewer word.
Dié saak volg op die Universiteit van die Vrystaat se aansoek tot verlof tot appél nadat die Vrystaatse Hooggeregshof ‘n aansoek deur AfriForum toegestaan het wat die UV verbied om hulle nuwe taalbeleid te implementeer.
Die UV mag egter nie die huidige taalbeleid verander terwyl die appélproses nie afgehandel is nie.
The post UITSPRAAK VOORBEHOU IN SAAK VAN AFRIFORUM TEEN UNISA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.