Die 25-jarige Dyan Buis het gisteraand Suid-Afrika se sewende goue medalje van die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen.
Die Kapenaar het die Paralimpiese rekord in die 400 meter in die T38-kategorie met byna ‘n sekonde verbeter.
Hy het die wedloop in 49,4 sekondes gewen.
Ilse Hayes van Stellenbosch het gister Suid-Afrika se 17de medalje verower toe sy tweede in die eindronde van die 400 meter vir siggestremde vroue in die T13-kategorie geëindig het.
Hayes het verlede Sondag ook ‘n silwer medalje in die 100 meter wedloop gewen.
The post RIO: NOG ‘N GOUE MEDALJE VIR SA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.