Aartsbiskop-emeritus Desmond Tutu is gister weer in die hospitaal opgeneem nadat hy Woensdag ontslaan is.
Die 84-jarige Tutu het ’n klein operasie gehad nadat hy drie weke gelede in die hospitaal opgeneem is weens ’n infeksie wat hy nie kon afskud nie.
Tutu se vrou, Leah, sê in ’n verklaring hy is as voorsorgmaatreël weer opgeneem toe sy chirurgiese wond tekens van infeksie getoon het.
The post TUTU WEER IN DIE HOSPITAAL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.