Die Minister van Sport, Fikile Mbalula verwerp aantygings dat hy nie Suid-Afrika se pogings ondersteun om die Wêreldbeker-rugbytoernooi van 2023 aan te bied nie.
`n Woordvoerder van die departement, Esethu Hasane sê die minister het bloot strawwe ingestel nadat sekere sportsoorte volgens n verslag nie aan transformasieteikens voldoen het nie.
Hasane gee egter toe dat steun daarna vir internasionale toernooie onttrek is.
Die Universiteit van Potchefstroom se direkteur van Sport, Toerisme en Navorsing, Melville Saayman, het vroeër gesê die gebrek aan ondersteuning sal ‘n negatiewe uitwerking hê op pogings om rugby te bevorder.
Saayman sê politieke inmenging benadeel sport in Suid-Afrika.
The post “POLITIEKE INMENGING BENADEEL SPORT IN SA” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.