Die drukgroep Treatment Action Campaign sê die Vrystaatse Departement van Gesondheid doen nie die moeite om oplossings vir die provinsie se voortslepende probleme te soek nie.
Die TAC sê hulle is bewus van nóg hospitale wat nie genoeg medikasie het nie.
Die groep voer verder aan dat dokters en verpleegpersoneel nie oortyd betaal word nie, wat dienslewering by hospitale benadeel.
TAC-woordvoerder, Anele Yawa, glo die nasionale regering moet ingryp.
Yawa sê die enigste oorblywende uitweg is om President Jacob Zuma vir hulp te vra.
Die Vrystaatse departement ontken egter die aantygings en sê heelwat probleme in die provinsie se gesondheidsorg is reeds reggestel.
The post GEEN OPLOSSINGS VIR VS-GESONDHEIDSPROBLEME appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.