Die eerste begunstigde van ‘n voorgestelde kernkrag-bestuurstelsel in Suid-Afrika is glo die seun van ‘n vriend van President Jacob Zuma, Vivian Reddy.
Die DA sê Shantan Reddy, aan wie se maatskappy ‘n tender ter waarde van 171 miljoen rand vir ‘n kernbestuurstelsel toegestaan is, se pa het noue bande met Zuma.
Die DA se Gordon MacKay sê hy vind dit vreemd dat ‘n tender toegestaan is vir ‘n kernbestuurstelsel, terwyl daar nog geen kern-ooreenkoms bestaan nie.
Die tender-besonderhede is volgens MacKay saam met ‘n onbekende tendertoekenning in die Vrystaat aangekondig, maar nie, soos die gebruik is, op die departement van energie se webtuiste gepubliseer nie.
Die tender is deur die departement se direkteur-generaal bekragtig.
The post VRA OOR ZUMA EN KERNSTELSEL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.