‘n Aansoek van die geskorste Wes-Kaapse ANC-leier, Marius Fransman, om te verhoed dat hy voor die provinsiale staande komittee oor openbare rekeninge, SKOOR, moet verskyn, is deur die Hooggeregshof in Kaapstad met koste van die hand gewys.
SKOOR het in April 2014 besluit dat Fransman voor die komitee moet verskyn in verband met miljoene rande se konsultasiekoste terwyl hy tussen 2005 en 2008 die provinsiale minister van vervoer en openbare werke was.
Die ANC se woordvoerder, Zizi Kodwa, het intussen bevestig dat Fransman Sondag en Maandag in Kaapstad voor die party se nasionale tugkomitee sal verskyn in verband met beweerde seksuele teistering.
Sy persoonlike assistent, Louisa Wynand, het die aanklag teen hom vroeër vanjaar by die polisie in Noordwes aanhangig gemaak.
Die ANC se integriteitskomitee het aanbeveel dat Fransman voor die tugkomitee moet verskyn.
The post FRANSMAN SE AANSOEK VAN DIE HAND GEWYS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.