Die Springbokkaptein, Adriaan Strauss, sê die span is nog nie waar dit moet wees nie en hoewel daar beslis vordering is, lê harde werk nog voor.
Hy het voor môre se kragmeting teen die All Blacks aan verslaggewers in Christchurch gesê kritiek en vrae oor die span se vertoning die afgelope tyd is regverdig en deel van die spel, maar hulle weet waarheen hul op pad is.
Suid-Afrika het sy laaste twee toetse met 26-24 teen Argentinië en 23-17 teen Australië verloor.
The post “DIE SPAN IS NOG NIE WAAR DIT MOET WEES NIE” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.