Die Volkswagen Tiguan wat Woensdagoggend in ’n plaasaanval buite Bothaville geroof is, is Woensdagmiddag laat naby Klerksdorp gevind.
Ses mans het Woensdagoggend die bejaarde egpaar Frikkie en Linda van der Merwe en hul dogter, Anita Bruwer (56), op die plaas Vreugde aangeval en beroof.
Netwerk24 berig volgens kapt. S’fiso Nyakane, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, is ’n grootskaalse soektog na die ses verdagtes begin.
Die polisie het die gemeenskap gevra om sers. Secala Vinger by 079-495-1153 te bel indien enigiemand inligting het wat tot inhegtenisnemings kan lei.
The post BOTHAVILLE PLAASAANVAL: GESTEELDE MOTOR GEVIND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.