Die finansiële hoof van die Mangaung-metro, Ernest Mohlahlo het ‘n u-draai gemaak en tien kontrakteurs wat aan die Rosestad se sanitasieprojekte werk, verskoning gevra dat hy vroeër te kenne gegee het die metro skuld hulle geen geld nie.
Mohlahlo het vroeër beklemtoon dat die metro geen gelde aan die kontrakteurs verskuldig is nie, maar na afloop van ‘n vergadering met die tien kontrakteurs van deuntjie verander.
Netwerk24 berig Mohlahlo was vaag toe hy uitgevra is na die presiese bedrag wat die metro moet betaal, maar volgens die kontrakteurs beloop dit altesaam byna R200 miljoen.
Mohlahlo het namens die metro onderneem om al die uitstaande skuld teen einde Oktober te vereffen.
The post MOHLAHLO VRA KONTRAKTEURS OM VERSKONING appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.