Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het in die boekjaar tot einde Maart verlede jaar ’n bedryfsverlies van amper R1,5 miljard gely.
Volgens die lugdiens se finansiële state wat Donderdag by die parlement ingedien is en waarvoor daar langer as ’n jaar gewag is, was sy totale verlies vir die jaar R4,7 miljard as waardevermindering, afskrywings, finansieringskoste en belasting ingesluit word.
Dit is die SAL se grootste totale verlies nóg.
The post SAL SE GROOTSTE VERLIES NóG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.