Rampbestuurspanne in Kaapstad is op ‘n gereedheidsgrondslag nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens swaar reën vir vandag voorspel het.
Oorstromings word plek-plek in die Kaapse metropool, die Kaapse Wynland en die Overberg verwag.
Die Weerdiens het kleinveeboere ook gewaarsku teen baie koue toestande en ligte sneeu op die hoogliggende gebiede van die Wes-Kaap.
Ontwrigtende sneeu word môre op die berge in die Oos-Kaap en die suidelike Drakensberge verwag.
The post SPANNE IN KAAPSTAD GEREED VIR SWAAR REëN, OORSTROMINGS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.