Die Italiaanse dorp Amatrice wat erg onder verlede maand se aardbewing deurgeloop het, gaan ‘n lasteraksie teen die Franse satiriese tydskrif Charlie Hebdo instel na aanleiding van ‘n reeks spotprente waarin daar die spot gedryf word met die slagoffers van die natuurramp waarin bykans 300 mense dood is.
![LASTERAKSIE TEEN FRANSE TYDSKRIF OOR AMATRICE SPOTPRENTE](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/91011856_c5d12c37-fed7-4640-a150-b74b98162a62-300x300.jpg)
Die spotprent in die Franse tydskrif. Foto: Charlie Hebdo
Die onsmaaklike spotprente het daartoe gelei dat die Franse ambassade in Rome ‘n verklaring moes uitreik waarin die Franse regering hom daarvan distansieer.
Twee aanvallers het in Januarie 2015 die hoofkantoor van die satiriese tydskrif in Parys binnegestorm en twaalf redaksielede doodgeskiet uit weerwraak vir die publikasie van spotprente waarin daar met die profeet Mohammed gespot word.
The post LASTERAKSIE TEEN FRANSE TYDSKRIF OOR AMATRICE SPOTPRENTE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.