‘n Plaasaanval het vanoggend in die vroeë oggendure op die Leeudoringstad-pad in die omgewing van Bothaville plaasgevind.
Rosestad Nuus het verneem ‘n boer en sy vrou en hul dogter is omstreeks half-drie vanoggend in hul huis aangeval.
Dit blyk die aanvallers het met die egpaar se silwer Volkswagen gevlug.
Die publiek word gevra om vir die voertuig, met registrasie-nommer 105 PIT FS op die uitkyk te wees en die naaste polisiekantoor te skakel met enige inligting.
Geen verdere besonderhede is tans bekend nie.
The post BOTHAVILLE GESIN OP PLAAS AANGERAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.