Die voormalige Protea paaltjiewagter, Thami Tsolekile, ontken dat hy ‘n 14-jarige skoolseun aangerand het deur hom aan die keel te gryp.
Tsolekile, wat vroeër vanjaar deur Krieket Suid-Afrika geskors vir wedstrydknoeiery, het gisteroggend vlugtig in die landdroshof in Goodwood, Kaapstad, op die aanrandingsklag verskyn.
Netwerk24 berig sy saak is tot 10 Oktober uitgestel.
Tsolekile het die seun na bewering aan die keel gegryp nadat die kind op hom geskreeu en sy motor met klippies gegooi het toe hy verby die Hoërskool Pinelands in Kaapstad gery het.
The post TSOLEKILE ONTKEN SKULD OP AANRANDINGSKLAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.