Die Radio Rosestad en Cell C Sportsterontbyt het Dinsdagoggend weer prestasies deur Bloemfontein se sportmanne en vroue vereer.
‘n Onafhankile paneel sportdeskundiges het die prestasies beoordeel en Bloemfontein kan trots wees op die volgende wenners in die verskillende kategorië:
GESTREMDE SPORTSTER: Juan Odendaal
Juan is nog ‘n junior ryer maar verower reeds medaljes by senior byeenkomste. Tydens die UCI Wêreldbeker byeenkoms in Pietermaritzburg wen hy die C3 kategorie en is tans 1ste op die die Wêreldranglys.
Juan ontvang ook die Frans Kleinhans Trofee
JUNIOR SPORTVROU : CASEY-JEAN BOTHA
Hierdie jong leerder aan Eunice Meisieskool het die hokkievelde van Suid-Afrika aan die brand gespeel.
Sy was vanjaar:
- Kaptein van haar skool se eerste hokkiespan.
- Sy tree ook op as kaptein vir die Suid-Vrystaat O/18 span wat aan die tussen provinsiale hokkie toernooi deelgeneem het.
- Sy speel ook vir die SA O/18 meisie hokkiespan wat onlangs in 3 toetse teen Australië in Pretoria in aksie was.
JUNIOR SPORTMAN RIKUS PRETORIUS – RUGBY
Met sy flair, vlymskerp breekslae en rotsvaste verdediging, het Rikus Grey gehelp om vir die eerste keer as die Shimla-liga kampioen gekroon te kon word. Op die afglope Cravenweek, is hy raakgesien en in die SA skolespan opgeneem. Dié span het skoonskip op die pas afgelope SA O/19 Internasionale toernooi in die Wes-Kaap gemaak. Hulle klop Frankryk, Wallis en Engeland se skolespanne, waar Rikus groot bydrae gelewer het.
RIKUS IS OOK DIE RADIO ROSESTAD EN CELL C JUNIOR SPORTSTER
SPORTVROU – KARLA MOSTERT
Die nuut aangestelde Protea onder-kaptein vir die vierhoekige reeks in Australië het vanjaar alreeds puik op die netbalbaan vertoon. Sy speel in Engeland vir Bath. Sy was ook benoem as die Sky-netbalspeler van die seisoen en is sy ook gekroon as Bath se ondersteuners se speler van die jaar. Sy help die Vrystaat Crinums om die Brutal Fruit kompetisie te wen. Sy speel vir die Proteas wat 3 toetse teen Wallis in Durban gewen het. As kaptein van die SA Studente netbalspan het sy ‘n groot rol gespeel dat Suid-Afrika die onlangse wêreld studente toernooi in Miami, Amerika ingepalm het. Karla bly tans een van Suid-Afrika en die wêreld se voorste netbalspelers.
SPORTMAN – PANNETJIE ROSSOUW
Pannetjie, ‘n wêreldklas metaalsilhoeëtskut, is al sedert 2001 betrokke by die sportsoort. Hy is vir die eerste in die SA nasionale span ingesluit vir die Wêreldkampioenskap en daarna elike keer tot vandag. Op die 12de Wêreld Metaalsilhoeëtskiet kampioenskap wat in die Rosestad gehou is, het sy groot deurbraak gekom. Hy word by 4 geleenthede as wêreld kampioen gekroon, met 2 tweede plekke, 1 derde en 1 vierde plek.
Hy verower goud in:
- Groot kaliber jaggeweer.
- Groot kaliber silhoeëtgeweer.
- Groot kaliber: algeheel, en
- Groot kaliber jaggeweerspan.
Tweede plekke in:
- Klein kaliber: algeheel,
- Klein kaliber geweerspan,
- Derde plek in klein kaliber ligte geweer, en
- Vierde plek in klein kaliber silhoeëtgeweer.
PANNETJIE IS OOK AANGEWYS AS DIE RADIO ROSESTAD SPORSTER.
The post HIER IS DIE SPORTSTERRE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.