Die dodetal weens oorstromings in Noord-Korea het tot meer as 130 gestyg, terwyl byna 400 mense vermis word.
Die Verenigde Nasies sê aan die hand van syfers wat deur die regering in Pyongyang verstrek is, dat ongeveer 107 000 mense aan die oewers van die Tumenrivier uit hulle huise moes vlug.
Die VN-kantoor vir die koördinering van humanitêre aangeleenthede sê 16 000 hektaar landbougrond is onder water en minstens 140 000 mense het dringend hulp nodig.
The post 130 DOOD, 400 VERMIS WEENS OORSTROMINGS IN NOORD-KOREA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.