`n Man is vroeg vanoggend in Henrystraat, Bloemfontein, gewond toe `n skim-skut op hom geskiet het.
Netwerk24 berig dat `n verkeersbeampte na afloop van die skietery aan `n omstander gesê het die skut is gevang nadat hy probeer weggehardloop het.
Polisie en deskundige was vinnig op die toneel om forensiese inligting te bekom aan die gewonde man se rooi Proton GEN-2 motor.
Hy is na `n hospitaal in die stad geneem. Geen verdere inligting is in hierdie stadium bekend nie.
The post BFN MAN IN HENRYSTRAAT GESKIET appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.