Drie gewapende rowers het in die vroeë oggendure gaste van Botswana by ‘n lodge in Tzaneen in Limpopo in hul kamer oorval, vasgebind en beroof.
‘n Vrou is ook met ‘n vuurwapen oor die kop geslaan.
Maroela Media berig dat die rowers eers ‘n sekuriteitswag vasgebind het voordat hulle by die hoofgebou ingebreek en die spaarsleutels vir die kamers gekry het.
Die rowers het ses televisiestelle, twee selfone en sowat R10 000 se kontant uit die gastekamers gesteel voordat hul met een van die gaste se dubbelkajuit-Toyota-bakkie weggejaag het.
The post GASTE BY LODGE AANGEVAL, BEROOF DEUR 3 ROWERS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.