Die soektog na onwettige mynwerkers wat sedert Woensdag sowat een-en-‘n-half kilometer ondergronds in ‘n ou mynskag in Langlaagte in die suide van Johannesburg vasgekeer is, is voorlopig afgelas.
Volgens kaptein Kay Makhubele van die Gautengse polisie en ‘n woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, Synock Matobako, is dit weens die teenwoordigheid van koolstofmonoksied te onveilig om met die reddingsoperasie voort te gaan.
Vier onwettige mynwerkers is gister uit die myn gered.
The post SOEKTOG NA MYNWERKERS AFGELAS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.