Solidariteit Helpende Hand se studiefonds aansoeke sluit op 30 September 2016 en alle voornemende en huidige studente word aangemoedig om aanlyn aansoek te doen by www.helpendehand.co.za/studiefonds voor die sluitingsdatum.
Studiehulp is in die vorm van rentevrye studentelenings wat eers terugbetaalbaar word wanneer die student afstudeer het. Studiehulp word aan 3000 studente regoor Suid-Afrika-gebied en daar word tans 12 studente uit Vrystaat gehelp.
Daar is in 2016 meer as R30 miljoen uitbetaal vir studiehulp en hierdie bedrag sal heel waarskynlik in 2017 geëwenaar of selfs verbeter word.
Volgens Kobus Venter, Streekorganiseerder by Solidariteit Helpende Hand, is die aanlyn aansoekproses baie gebruikersvriendelik en neem dit nie lank nie. Aansoekers registreer met hulle e-posadres en vul daarna die velde aanlyn in.
Stawende dokumentasie word inskandeer en dan aangeheg by die aansoek. “Met een aansoek kom jy in aanmerking vir 202 gemeenskap fondse, so neem die tyd en stuur daardie aansoeke voor 30 September!”
Vir enige navrae kontak gerus die Studiefondssentrum by 012 644 4390 of Kobus Venter by 051 430 6153
The post AANSOEKE VIR STUDIEFONDS INGEWAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.