Vrystaatse boere in samewerking met die polisie het vyf vermeende rowers Vrydagmiddag naby Wesselsbron help vastrek.
Netwerk24 berig die vyf is vermoedelik verantwoordelik vir huisbrake in Hoopstad, Wesselsbron en Bultfontein.
Volgens Herman Meiring, voorsitter van die Bultfontein-distrikslandbou, het boere op dieselfde dag vroegoggend in die Bultfontein-distrik vier van vyf vermeende veediewe vasgetrek wat op die nippertjie was om vleismerinos te steel.
Die vyf vermeende rowers, wat die middag aangekeer is, het van ‘n groen Volkswagen-kombi met dubbele nommerplate gebruik gemaak.
The post VS BOERE HELP OM 5 ROWERS VAS TE KEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.