
Die Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane het berigte ten
sterkste ontken dat haar departement van plan is om ‘n multi-miljard rand
waterprojek aan ‘n Sjinese maatskappy toe te ken.
Die afgelope naweek is berig dat Mokonyane se departement tenderprosedures ignoreer en dat die Umzimvubu waterprojek van R20 miljard aan ‘n Sjinese maatskappy toegeken is.
Mokonyane sê dis ‘n projek tussen twee regerings en dat die Tesourie openbare kommentaar daaroor moet aanvra.
Sy sê wanneer finansiering vir die projek bekom is sal tenders toegeken word in die belang van Suid-Afrikaners.
The post Minister ontken berigte oor waterprojek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.